Friday, September 11, 2009

Xander het vir die Lasek operasie gegaan!

Shame, moenie vir my kwaad wees dat ek die pic opgesit het nie! Ek het een van myself ook opgesit...
Baie scary operasie, jy is heeltemal wakker deur die hele ding. Hulle het vir my net 'n klein kalmeer pilletjie gegee voor die tyd! Ek het April 2008 gegaan (ek dog dit was in 2007). Wat regtig unbelievable is, is dat jy dadelik 'n verskil kan agter kom! Suuuuper weird!

Ek lyk soos 'n vrugte-vlieg met 'n baard... LOL


T-shirts van Mingo Lamberti

Hier is 2 pics van die awesome t-shirts. Luuuuuve it! Myne!


Sunday, September 6, 2009

Tannie Ezette en oom Paul kom kuier! 4-6 Sept 09

Johan se ma en pa het vir ons kom kuier! (ook met die kulula-special waarmee Chap en Este gekom het!) Dit was wonderlik om hulle te sien, maar ongelukkig het Johan 'n bietjie verkouerig gevoel, en nie baie wyn "geproe" die naweek nie.


Eerste stop was by Fairview by the Goatshed, ons was veronderstel om ontbyt daar te gegeeet het, maar was 10 minute laat vir ontbyt... Alle restaurante moet eintlik ontbyt die hele dag beskikbaar maak! Hoekom nie? Dis nie asof die eiers verdwyn en die panne wegraak nie.
In elk geval, ons brunch was toe baie lekker gewees.
Daarna het ons gaan wyn en kaas proe, en toe is ons weer gelukkig.


Na Fairview het ons Muratie toe gegaan en by Delheim gelunch.



My Mingo Lamberti t-shirt was ek gekoop het - ek dink dis baie cute, en Johan ook. (Daar is 'n wurm in die voeltjie se maag)



Soentjies en drukkies... Ek wonder of hulle ooit daardie vensters met die spinnerakke gaan was? Seker nie, dink nie hulle is al ooit gewas nie. In die agtergrond van die foto.



Daarna was ons Delheim toe, Muratie en Delheim is reg langs mekaar. Ons het nie nog wyn geproe nie, ek en tannie Ezette het koek geeet en oom Paul het viskoekies geeet.



Na die dag se verskriklik baie eet, het ons gaan rondloop in Franschhoek. Dis regtig baie mooi daar. Johan se dat baie van die land se beste restaurante in Franschhoek is.


Die Hugenote monument.


Ons was die aand na Haute Cabriere toe gegaan in Franschhoek. (op die internet spel mens Franschhoek met 2 h's maar dit lyk reg met een?).


Johan wat beplan om 'n baie ryk en bekende wynboer te word.







Adele surprise visit!!!

Adele en Johan is goeie geheim-houers, net soos Leanne, Willem en Werner... en almal wat geweet het van die surprise. Vrydag middag kom laai Johan my op by die werk en se ons moet sy baas se dogter gaan ontmoet by die lughawe. Ek dog, shame, hulle misbruik regtig die ou by sy werk darm, maar ek besluit om hom nie moeilikheid te gee daaroor nie. Ek begin toe vrae vra, hoekom ons haar moet ontmoet, waar is jou baas dan, hoekom moet ons vir haar beddegoed vat as sy in sy huis gaan bly, hoekom het sy huis nie beddegoed nie... Hy kon my nie 'n reguit antwoord gee oor enige van hierdie dinge nie, obviously, maar daar gaan ons nou. Ek het baie tyd gehad om al my vrae te vra, want ons sit lekker lank in die verkeer vas. Kom by die lughawe aan, ons MOET gaan parkeer, kan nie net die goed by die drop-off gee nie, die kind sit by BJ's en haar taxi drywer gaan haar beddegoed by ons kom haal. Klaar. Ek dog dis my verbeelding dat Johan so opgewonde lyk, so amper asof hy op en af hop, maar ek verstaan nie hoekom hy ongeduldig is met my omdat ek stadig loop nie.
En daar sit Adele toe in die BJ's!!!


Ons het na die tranedal by die lughawe Spier toe gegaan in Stellenbosh, by Moyo geeet. Ons sit eintlik hier hoog in 'n boom. En ek en Adele klap daai wyn! (Johan was designated driver).


Saterdag oggend het ons gaan breakfast op Kampsbaai en toe bietjie op die strand gestap. Johan het 'n "bad experience" gehad, so ek dink nie ons gaan gou weer Kampsbaai toe nie.


Ons het daarna bietjie gaan wynproe in Constantia, ons was vir die eerste keer by Groot Constantia. Dis 'n fantastiese wynplaas, bietjie commercial, en met ou tannies wat wyn skink en enige taal kan praat, maar dit was baie lekker.







Ek dink die restaurant waar ons gelunch het se naam is Jonkershuis, dis ook op die Groot Constantia Estate (Estate want al hulle druiwe kom van die Groot Constantia plaas af, die soos KWV wat druiwe van allerhande plase kry nie).






Saterdagaand het ons gaan eet by Mariners Wharf, (and got a little bit dripped-off). Hulle het ou fotos van hoe Houtbaai gelyk het jare terug en fotos van die eerste vissers-bootjies, en dit het blykbaar 'n hele oggend gevat om die vis te kry tot in Kaapstad. :)



Sondagoggend was ons The Mount toe in Durbanville. Dis nou offisieel ons gunsteling restaurant in Durbanville. Ons het nog nie ge-venture beyond die stone-breads nie, want dit is net te lekker. Eendag sal ons iets nuuts dalk probeer, soos byvoorbeeld die Bobotie Doosies... LOL



En wat sal 'n blog-post wees sonder 'n donkie met lang hare. Strange but cute. Hy bak lekker in die son en slaap.