Monday, November 22, 2010

Wednesday, October 20, 2010

Dis al klaar Oktober!

Ek kan nie glo die jaar is amper verby nie. Ek bly al amper 2 jaar in die Kaap en ek's mal daaroor, maar verlang ook baie huis toe. Darm is daar baie lekker dinge om te doen hier, soos die Camellias te gaan kyk by Vergelegen.



Ongelukkig het ons dit gemis... die Camellias blom in (ek dink) Julie - Augustus. Hier is een van die laat lammetjies hier onder.
Gelukkig het hulle meer as net blomme, ons het baie lekker wyn ook geproe en 'n baie ontspannended middag gehad.

Johan, tannie Ezette en oom Paul.




Leanne en Willem se troue 24 Sep 2010

Leanne en Willem het begin uitgaan op skool en het op 24 September getrou. Hier is 'n paar kiekies, enjoy. Daar is nog baie fotos op http://www.hannalee.co.za/.


Kyk net watse mooi bruid Leanne gemaak het! Wowie.


Monday, September 27, 2010

Leanne bachelorette 24 Jul 2010

Ek en Adele het Leanne se bachelorette gereel, dit was soos 'n total surprise gewees vir haar. Ons het gedink sy sal agter kom dat daar iets aangaan. Elke nou en dan lui een van ons fone dan is dit een van die ander girls wat aanwysings kort of iets, haha, maar sy het niks agter gekom nie.



Hier is Leanne gedress in haar pink trourok en veil.


Baie sexy pressies gekry!





Ke Nako!

Ek's 'n baie slegte blogger, het baie baie lanklaas geblog! Sal probeer om meer gereeld pics te post van die "adventures"

Hier is ek en Johan by die Groenpunt Stadion in Kaapstad. Ons het die Italy vs Paraguay game gaan kyk toe die World Cup aan was. Dit was moontlik die koudste aand nog ooit en dit het gesous. Ons moes omtrent 'n kilometer in die reen stap om by die stadion te kom, maar dit was die moeite en die koue werd!








Sunday, June 13, 2010

Leanne & Willem kuier 28 - 31 May

Leanne en Willem het Vrydagaand 23:00 geland op Kaapstad lughawe. Hulle het vir ons kom kuier vir 'n naweek. Saterdag het ons gaan breakfast by Arnolds in Kloof str. en daarna het ons die pad gevat, het 'n lang lys goed gehad om te doen.



Hier's Willem by Kanonkop, baie lekker wyn geproe, en daarna is ons Muratie (hier onder) en Delheim toe.




Ek en Leanne by Delheim







Cute pic van Leanne en Willem!





Hier stap ek en Johan by Lourensford in. Ongelukkig maak hulle nie meer die lekker 1700 wyn nie, en hulle doen nie meer chocolate tasting nie, maar ons kon nog chocolates koop. Alles verader agv new management. Dink nie ons gaan weer soontoe gaan nie, aangesien hulle dieselfde chocolates verkoop by Caramellos in Kloof str.

Daarna het ons die rugby final gaan kyk en na die rugby is ons Cafe Orca toe.

Sondag oggend het ons gaan breakfast in Wembley Square by Knead en daarna is ons Houtbaai toe om na die robbe te gaan kyk.

Dit was baie koud!

Kyk hoe le die vetties en slaap!

Cool pics van Chapman's Peak van die bootjie af. Hulle het ons al langs die rand gevat, noggals cool om dit te sien vir die eerste keer van die water af.

Na die boot trip is ons Chapman's Peak drive toe.





Die Ou Kaapse Weg

Lunch by Groot Constantia


Dis baie relaxing en lekker om hier uit te hang

Om 'n wonderlike naweek af te rond is ons Theo's toe vir prawns!

Tuesday, May 25, 2010

Xander kuier 8-16 Mei

Nadat ek al die fotos wat ek het na gekyk het van toe Xander hier was, besef ek hy is nie op een van die fotos nie, want dis als sy fotos wat hy geneem het!


Saterdag het ek het Johan van Signal Hill af geparaglide! Dit amazing gewees, Johan het eerste saam met Stefan gegaan en toe hulle terug gekom het was dit my beurt. Johan-hulle het weer geland bo-op Signal Hill en ek en Stefan het geland op die Promenade in Groenpunt.

Hier is ons by Opstal, ons het gaan lunch nadat ons by Slanghoek gaan wyn maak het. Nie regtig wyn maak nie, hulle gee vir jou 3 kultivars en dan meng jy dit totdat dit vir jou lekker proe.






Kampsbaai sunset



Bloubergstrand



Tuesday, May 11, 2010

Kirstenbosch: Ma & Steffie kuier 24-27 Apr

My ma en Steffie het vir ons kom kuier in die Kaap (my pa en Xander is wildtuin toe). Hulle het vir ons oulike geskenkies saamgebring, pantoffels vir my en sweeties en stuff. Dit was 'n awesome naweek, het Maandag afgevat en Dinsdag was 'n vakansie dag. Hier is ons op Groenpunt.




Ons is Saterdag na die Old Biscuit Mill toe, dis soos die nuwe uithang plek vir Kapenaars. 'n Glorified vlooimark, ag maar dis iets om te doen op 'n Saterdag. Daarna is ons Wembley Square toe, na Sinn's toe. Wonderlike lekkergoed gehad, ai ai ai... yum!

Sondag is ons na 'n kaas-fees toe tussen Franschhoek en Stellenbosch, Bien Donne. Dit was awesome. Mense het met hulle piekniek mandjies daar aangekom, reg vir 'n lekker kuier. Nataniel het ook sommer opgetree, gewys hoe maklik hy dit kan laat lyk om 'n paar gereggies voor te sit (daar was 7de laan karakters ook wat shows gehad het). Daar is baie om te proe, te drink en te eet. Dit was baie lekker.

Maandag het ons Tafelberg uitgeklim van Kirstenbosch af, Skeleton Gorge. Dis die fotos hier onder. My ma en Steffie kan nie kom kuier sonder om iets wat my in pyn gaan laat wees die volgende dag te doen nie.

Dit was baie lekker, ek het regtig nie gedink ek sal dit tot bo maak nie, maar ek het! En dit was regtig die moeite werd.

Die fotos begin waar ons onder in Kirstenbosch is en boontoe loop.



Gelukkig was Johan daar om my te support!

Al klaar moeg :)
Soos wat dit styler raak is daar lere wat jou help.


Weet nie of jy kan sien wat op die foto hieronder aangaan nie, maar dis Steffie voor wat my trek!



















Hier is ons so 3/4 van die pad boontoe.








Hierdie fotos is van bo af.

En daar is 'n dam bo op die berg!


Mens klim op met Skeleton Gorge en af met Nursery Ravine. Hier is ons nog bo op die berg maar soek nou die pad om af te klim.







En af!





Jou bene raak so moeg dit begin so bewe die heeltyd. En dan begin jy soos 'n crazy persoon lag.







Amper onder!


Ons het dit gemaak!