Tuesday, May 25, 2010

Xander kuier 8-16 Mei

Nadat ek al die fotos wat ek het na gekyk het van toe Xander hier was, besef ek hy is nie op een van die fotos nie, want dis als sy fotos wat hy geneem het!


Saterdag het ek het Johan van Signal Hill af geparaglide! Dit amazing gewees, Johan het eerste saam met Stefan gegaan en toe hulle terug gekom het was dit my beurt. Johan-hulle het weer geland bo-op Signal Hill en ek en Stefan het geland op die Promenade in Groenpunt.

Hier is ons by Opstal, ons het gaan lunch nadat ons by Slanghoek gaan wyn maak het. Nie regtig wyn maak nie, hulle gee vir jou 3 kultivars en dan meng jy dit totdat dit vir jou lekker proe.






Kampsbaai sunset



Bloubergstrand



Tuesday, May 11, 2010

Kirstenbosch: Ma & Steffie kuier 24-27 Apr

My ma en Steffie het vir ons kom kuier in die Kaap (my pa en Xander is wildtuin toe). Hulle het vir ons oulike geskenkies saamgebring, pantoffels vir my en sweeties en stuff. Dit was 'n awesome naweek, het Maandag afgevat en Dinsdag was 'n vakansie dag. Hier is ons op Groenpunt.




Ons is Saterdag na die Old Biscuit Mill toe, dis soos die nuwe uithang plek vir Kapenaars. 'n Glorified vlooimark, ag maar dis iets om te doen op 'n Saterdag. Daarna is ons Wembley Square toe, na Sinn's toe. Wonderlike lekkergoed gehad, ai ai ai... yum!

Sondag is ons na 'n kaas-fees toe tussen Franschhoek en Stellenbosch, Bien Donne. Dit was awesome. Mense het met hulle piekniek mandjies daar aangekom, reg vir 'n lekker kuier. Nataniel het ook sommer opgetree, gewys hoe maklik hy dit kan laat lyk om 'n paar gereggies voor te sit (daar was 7de laan karakters ook wat shows gehad het). Daar is baie om te proe, te drink en te eet. Dit was baie lekker.

Maandag het ons Tafelberg uitgeklim van Kirstenbosch af, Skeleton Gorge. Dis die fotos hier onder. My ma en Steffie kan nie kom kuier sonder om iets wat my in pyn gaan laat wees die volgende dag te doen nie.

Dit was baie lekker, ek het regtig nie gedink ek sal dit tot bo maak nie, maar ek het! En dit was regtig die moeite werd.

Die fotos begin waar ons onder in Kirstenbosch is en boontoe loop.



Gelukkig was Johan daar om my te support!

Al klaar moeg :)
Soos wat dit styler raak is daar lere wat jou help.


Weet nie of jy kan sien wat op die foto hieronder aangaan nie, maar dis Steffie voor wat my trek!



















Hier is ons so 3/4 van die pad boontoe.








Hierdie fotos is van bo af.

En daar is 'n dam bo op die berg!


Mens klim op met Skeleton Gorge en af met Nursery Ravine. Hier is ons nog bo op die berg maar soek nou die pad om af te klim.







En af!





Jou bene raak so moeg dit begin so bewe die heeltyd. En dan begin jy soos 'n crazy persoon lag.







Amper onder!


Ons het dit gemaak!












Die Cruise! Mar 2010
















Februarie fotos van Tafelberg af

Net 'n paar fotos wat van Tafelberg af. Ons wou opgegaan het met die kabelkarretjie, maar toe is daar wind en ons kon nie.



Leeukop



Xander kuier 20 Feb 2010

Hier is ons by Delheim, bietjie gaan wyn proe en Marike en haar vriendin het saam gegaan.


Kite-surfers op Strand





Xander kuier 20 Feb 2010

Ons het gaan kyk hoe lyk dit by Durbanville Hills, gedink dit gaan by commercial wees. Dit was toe eintlik baie lekker, maar ons kon nie daar lunch nie want hulle was besig om reg te maak vir 'n troue.


Nice view!