Tuesday, June 30, 2009

Adventure Tulbagh/Ceres

Ons het gaan sneeu soek by die Matroosberge. Al die pad soontoe gery Saterdag oggend, 8uur opgestaan (wat vroeg is vir ons op ‘n Saterdag) en die pad aangepak. Daar is ‘n natuurrestervaat by die Matroosberg wat allerhande aktiwiteite aanbied, Snow Safaris, Abseiling, 4x4 trips ens. Maar ongelukkig het hulle trokkie waarmee ons op ‘n Snow Safari wou gaan gebreek. Maar ons het darm sneeu van ver afgesien. Die Matroosberge is net so buite Ceres, baie mooi. Hulle het vir ons by die reservaat vertel dit het Dinsdag gesneeu tot waar hulle huisie is, aan die voet van die berg, maar Woensdag het dit gereen en alles het weggespoel. Die weer voorspelling die week was vir baie baie sneeu, so dalk probeer ons weer volgende naweek!

Ons het 'n organic wynplaas ontdek net buite Ceres, Waverley Hills. Alles wat hulle maak is organies, so toe ek die dame wat ons wyn voer vra wat doen hulle alles met die wyn wat dit so organies maak, se sy hulle pluk die druiwe met die hand en doen alles met die hand. So daar val nie verkleurmannetjies en spinnekoppe en SLANGE in die wyn soos by ander plekke wat masjiene gebruik nie. Great. As ek nie so baie van Diemersfontein gehou het nie, sou ek miskien dit oorweeg het om organic op 'n meer gereelde basis te probeer.

Sy het ook gese omdat hulle organies is, mag hulle helfte soveel sulfate gebruik as ander wynplase. Dit beteken die kanse is skraler dat jy sal hoofpyn kry wanneer jy organiese wyn drink... very interesting.

No comments:

Post a Comment