Sebs het vir ons kom kuier, het Ads24 lekker gebruik! Ads24 het haar vir die Loeries gebring (die advertensie bedryf se awards), nadat sy hulle op haar kniee gesmeek het, (dankie Abi en Verona!) en toe kom sy sommer die hele naweek! Dit was wonderlik gewees om my Italian friend weer te sien.

Hier is ons in Houtbaai, het so bietjie op die strand gaan stap voordat ons Lookout Deck toe is.


Ek en Sebs was een keer al saam by Lookout Deck gewees, toe ek die trip Kampsbaai toe gewen het, Twelve Apostels toe. Ons eet prawns, mmmh yum!

Ek en Johan het my ouers by Paternoster ontmoet, hulle het 'n hele roadtrip gemaak van die vakansie. Hulle het een aand by die Augrabiese (help! hoe spel mens dit?) watervalle geslaap en een aand in Lambertsbaai (blykbaar nie great nie want die mense van Lambertsbaai hou daarvan om te partytjie). Hier is ons by Groote Post naby Darling. Ons het lekker verdwaal oppad soontoe.

Terwyl ons besig was om te verdwaal oppad Groote Post toe (let wel, ons het met 2 karre gery, elkeen met 2 verskillende soorte GPS... moet nooit die goed vertrou nie) klim ek toe uit op 'n stadium en gaan hoor by my familie of hulle 'n clue het waar ons is. Klim toe weer in die kar en ry, en ek sien daar is 'n veer of 'n ding op my knie. Ek vee hom toe amper so af met my hand, en besef gelukkig voor dit dat dit 'n HUGE brandwurm is! ROOI BRANDWURM! Gevaar! Freak toe heeltemal uit, Johan rol amper die kar, gelukkig was Steffie daar. Die koel en kalm een haal die brandwurm af (op een of ander manier sonder om aan hom te raak) en gooi hom by die venster uit. Volgende dag juk my been noggals lekker erg, al het ek 'n langbroek aangehad en die ding het nooit op my vel gekom nie. En soos die dae aangaan raak die rash erger. Dis darm nou al weg, maar ek weet nie of ek weer Groote Post toe sal gaan nie.

aaah kyk die lammetjies...