Tuesday, October 20, 2009

Saterdag 26 September 2009

Saterdag het ons af geskop by 'n wynplaas waar my pa al lank al 'n draai wou gaan maak het, Diemersdal. Dis baie mooi, soos al die wynplase, met baie lekker wyn. Die weer het net nie saam gespeel nie, dit was bietjie koud en reenerig.



Proe bietjie wyn... die ou wat vir ons die wyn laat proe het was baie nice, maar daar was so 'n strange meisie wat net daar gestaan het, regte EMO. Bietjie weird.




Na Diemersdal het ons afgekom op die locals se mark. Wow. Dit was lekker. Voor jy van die delicious vars tuisgebakte kos koop, kan jy van als proe. Hemel op aarde. Ek het dit baie geniet. Teen die tyd dat jy als geproe het, is jy so biejtie vol.




Nou dat ek daaraan dink het ek noggals baie geeet daai dag, want daarna is ons Lourensford toe, waar ons 12 maande oue en 6 maande oue cheddar geproe het en chocolates... mmmmh. Xander en my pa het wyn ook geproe.



Op jou verjaarsdag kan jy verniet op Tafelberg op gaan. Wel op 29 September is ek en my ma daar, ID in hand, maar toe waai die wind te erg... aaaaah


Fotos van Houtbaai. Hulle het 'n stukkie van Chapmans peak drive weer oopgemaak, miskien sal hulle een van die dae die hele pad oopmaak. Ek hoop so!






No comments:

Post a Comment