Thursday, January 28, 2010

Este kuier 23 -25 Jan

Este het saam met haar werk bietjie Kaap toe gekom, toevallig op die naweek wat Johan in Indie is. (Hy is Indie toe vir baie lank, soos 'n week). Ons het 'n great naweek gehad, het by Groot Constantia gaan wyn proe en toe sommer by Jonkershuis gaan lunch op die Groot Constantia estate. Daarna is ons Houtbaai toe, het bietjie op die strand gaan loop.




Ons het ook met die kabelkarretjie op gegaan Tafelberg toe. Ons het so 19:00 opgegaan en het eers ek dink 21:00 afgegaan. Die view was amazing.



Kampsbaai en Clifton van Tafelberg af.


Sondag het ons bietjie getan op Kampsbaai na 'n lekker ontbyt by Arnold's (wenner). Dit het effens warm geword op die strand, toe gaan chill ons verder bo op haar hotel se dak, wat 'n swembad het - hoe awesome is dit? Ek wil ook so een he.
Hier is ons op Bloubergstrand waar die wrak nogsteeds is, van ek dink Augustus/September af.



Ons het toe met Chapman's Peak gaan ry en toe by Chapman's Peak Hotel gaan eet.


My my het haar been gebreek

Ek besef nou eers ek het nog nie fotos van my ma op die blog gesit van nou die dag toe sy haar been gebreek het nie! (Kan dit wees? Het ek regtig nog nie?) Shame, sy het met haar moutainbike geval. Shame. Moes 'n paar penne kry en 'n operasie. Darm het sy nie gips gekry nie. Net 'n funky moon-boot. LOL














Friday, January 15, 2010

Cape Town seaboard 13 Jan 2010

Woensdag was baie baie warm gewees, het gedink ek moet gaan swem in die see of 'n woonstel soek met 'n swembad en inbreek. Die aand was baie lekker, het Signal Hill toe gery en hierdie fotos geneem.

Dis die nuwe Green Point stadium. Al die ligte is nie eers aan nie, maar dis baie mooi net so.


Wednesday, January 6, 2010

Glenmore Des 2009

Die pajama-squad het in Jun al gereel dat ons saam op vakansie gaan in Desember. Wow, was dit lekker! Dit was ek, Leanne, Adele, Johan, Willem en Werner. Uit die 7 dae wat ons daar was het ons so 3 dae van sonskyn gehad.

Hier is ons by die gorge by Clearwater trails, daar is mountainbike padjies.
Die view is regtig stunning, al was dit bewolk en ons kon nie die sonsondergang sien nie.

Leanne en Willem pose vir 'n foto :)

Lekker dag op die strand



Johan se idee van "tan".




Cute!








O ja, hier was ons noggals almal 'n bietjie disappointed met die kos. Dis by Mariners Warf op Marina Beach (ek dink?)




Ons het een dag al die pad uitgery Wild Coast Sun toe en 'n paar cocktails gedrink. Adele en Werner het ook golf gespeel daar een dag.























Thys, Lizelle en Giovanni kuier







Die wrak in nogsteeds op Blouberg (wel die foto is 13 Dec geneem).





Thys, Lizelle en Giovanni het by ons 'n draai gemaak in Desember. Ons het by Blue Peter ontmoet Vrydag aand en het Sondag by Cafe Orca gaan eet.

Adderley str kersliggies

Wanneer die kersliggies aangesit is was dit 'n groot partytjie vir hiedie Kapenaars. Die strate was vol en besig, daar was 'n huge konsert en ek dink die hele Mitchells Plein was in Adderley straat gewees. Dit is baie mooi en die moeite werd om te gaan kyk.
















Greenmarket Square in die somer





Hier is 'n paar fotos van waar ek bly en hoe dit lyk in die somer. Die enigste fotos van Greenmarket wat ek al op die blog gesit het lyk maar vaal en hulle was nog besig met al die konstruksie werk, dis darm als nou klaar.