Este het saam met haar werk bietjie Kaap toe gekom, toevallig op die naweek wat Johan in Indie is. (Hy is Indie toe vir baie lank, soos 'n week). Ons het 'n great naweek gehad, het by Groot Constantia gaan wyn proe en toe sommer by Jonkershuis gaan lunch op die Groot Constantia estate. Daarna is ons Houtbaai toe, het bietjie op die strand gaan loop.

Ons het ook met die kabelkarretjie op gegaan Tafelberg toe. Ons het so 19:00 opgegaan en het eers ek dink 21:00 afgegaan. Die view was amazing.


Kampsbaai en Clifton van Tafelberg af.

Sondag het ons bietjie getan op Kampsbaai na 'n lekker ontbyt by Arnold's (wenner). Dit het effens warm geword op die strand, toe gaan chill ons verder bo op haar hotel se dak, wat 'n swembad het - hoe awesome is dit? Ek wil ook so een he.
Hier is ons op Bloubergstrand waar die wrak nogsteeds is, van ek dink Augustus/September af.

Ons het toe met Chapman's Peak gaan ry en toe by Chapman's Peak Hotel gaan eet.
No comments:
Post a Comment