Friday, August 28, 2009

Meerendal 23 Aug

Ons was Sondag 23 Aug vir lunch Meerendal toe. Johan se pa het vir ons gese ons moet soontoe gaan en gaan kyk hoe dit is. Eers het ons bietjie Bainskloof weer uitgery, weer gaan kyk of daar sneeu naby is, maar ons het dit ongelukkig weer gemis. Dis nou so warm hier ek dink nie dit gaan weer sneeu nie. Ek dink Johan raak moeg daarvoor om my model te speel. (het hy ooit daarvan gehou? haha, seker nie)
Die Canola blommetjies was net mooi orals! Is dit nie mooi nie! Ek hoop hulle blom nog wanneer Johan se ma-hulle die naweek van 4 en 5 September hier is. Ek dink hulle gaan seker weg wees teen die einde van September wanneer my ma-hulle hier is.

Hier is die restaurant by Meerendal. Lekker lunch, vir R120 is dit 'n buffet ete. Die kos is lekker (ek trek my oraait gesig). Bietjie duur vir R120 dink ek en Johan. Maar die nagereg wat ingesluit is, is baie lekker.






In Wellington is daar 'n college en een van die geboue het afgebrand een of ander tyd die jaar.

Thursday, August 27, 2009

Bloubergstrand Sunset





Ons het die sunset gaan kyk van Bloubergstrand af. Het gaan koffie drink by Ons Huisie, so nuwe coffee shop en toe moes ek vir my waiter verduidelik wat 'n Cafe Mocha is. Haha, dit was snaaks.







Die water was vreeslik koud, maar Johan hou nie daarvan om gevoel in sy voete te he nie, so het het lekker in die water rondgeplas!















Este kom kuier: 15-16 Aug

Natuurlik was ons Fairview toe! Het nie nog wyn geproe nie, kon net nie... Maar het lekker kasies gevreet. Ons het ook by hulle restaurant geeet, Johan en Este het Ega gedrink (wat age agterstevoor is). Dis lekker maar proe baie gesond. Hier sit ons maar net en rus 'n bietjie.


Hier is ons by Lourensford. (Dit lyk scary... soos 'n ford - hahaha). Hulle maak nie net wyn nie, o nee nee, hulle chocolates, kaas, koffie en wyn! Dis wonderlik. Ons het net wyn en chocolates geproe, en toe begin ek al klaar 'n bietjie ongemaklik voel.


Ons het Sondag oggend gaan breakfast op Campsbay. Dit was baie lekker en toe gaan stap ons op die strand. Dit was 'n baie lekker dag gewees, lekker warm.






Ons het op 'n boottrip gegaan van die Waterfront af. Hul ry uit en kyk hoe kwaai die wind is en ry dan rond met jou. Dit was baie lekker, maar die see was noggals onstuimig, so ek en Johan het begin 'snaaks' voel. Dis so uur en 'n half lank, maar gaan vinnig verby!









Tuesday, August 25, 2009

Glenmore 9 Aug

Ouma en Lizelle sit op die stoep, ouma gee 'n harde poep, Lizelle vra wat makeer, ouma se haar maag is seer Ek het die foto geneem van die stoep af, so dis die view.
Xander en Giovanni sit en rus na die oggend stappie.



















Monday, August 24, 2009

JHB en Glenmore 6-11 Aug

Ek het Donderdag na werk JHB toe gevlieg. My ma en ouma het my ontmoet by die lughawe, vir my my city golf gebring en toe is ek op die pad. Baie dankie vir julle moeite met die kar, en baie mooi ouma dat jy so ver alleen gery het! Hier is ons by Adele en Werner se nuwe huis in Benoni. Huge plek, baie mooi, met daai "Adele touch".



Ek en Sebs het vroeg Vrydag oggend gaan breakfast by Atholl Square. Sy het weggeloop by die werk. Kyk net hoe mooi lyk sy! Wow Sebs, you go girl!






Vrydag middag het ek ook 'n draai gaan maak by Nicolette en vir klein Danel uiteindelik ontmoet. Sy is 'n pragtige klein prinsessie, maar sy het vir my gese sy is moeg vir al die aandag en soek 'n boetie.




Ek, my ma en Xander het toe Vrydag middag na al my uitstappies die lang pad see toe aangedurf. Ons het selfs 'n kort pad probeer wat my pa ontdek het op een of ander manier... Dis nie baie korter nie. Daar het 'n ongeluk gebeur reg voor ons. Dit was baie scary, maar dit het gelyk asof almal okay is. Thys-hulle het so half uur voor ons gery, maar gestop vir hoenderpastei by 'n padstal. Hulle het ongelukkig amper 'n uur na ons in Glenmore aangekom, want toe word hulle vasgevang in die verkeer van die ongeluk.



Hier is ons by die gorge naby Beaver Creek. Ons het vir sundowners gegaan daar en piekniek gehou.


Dit lyk soos Thys en my pa...


Die pa loop soos die lone ranger...





Steffie en Xander lyk soos uit The Matrix uit, maar nou ja. Darm het ek 'n foto van almal saam.






My ouma.





Monday, August 3, 2009

Strand 2 Aug 09

Sondag, na die wynfees het ons by Strand 'n draai gaan maak. Johan se ouma het 'n woonstel wat reg oorkant die see is.


Hier is die woonstel blok, dis verbasend hoe baie splinternuwe geboue daar is.



Die strand is wonderlik, almal loop met hulle hondjies, en dit was 'n lekker warm dag. Ek het selfs my skoene uitgetrek (wat 'n groot stap vir my is, aangesien my voete nooit warm word nie). Wees maar net versigtig wanneer jy daar op die strand loop. Daar was 'n omie wat net gemaak het asof hy nie sien sy stoute Jack Russel poe op die strand nie. Ek het hom 'n vuil kyk gegee, maar dit het hy ook nie gesien nie...


Stellenbosch Wynfees 1 Aug 09

Ons was die naweek by die Stellenbosch wynfees. Wow, is Stellenbosch nie die oulikste dorpie nie? Dis so mooi. Ek was al in Stellenbosch gewees, maar ek en Johan het die hele plek deur geloop. Ek het nog nooit so baie restaurante/coffee shops/eet plekke so naby aan mekaar gesien nie. Daar is in loopafstand seker 50 van hulle. En hulle is almal besig. Vir Johan (addicted to caffeine) is dit die paradys. Gluwein...