Sunday, November 29, 2009

Corne & Kampsbaai 28 Nov 09

Saterdag het ek en Corne Kampsbaai se strand aangepak. (Johan het gewerk). Dit was 'n wonderlike dag, baie warm. Ons het op die strand 'n sambreel gehuur vir R25, anders sou ons seker bloedrooi en seer gebrand het. Ek het geswem in die koue see! Wel, vir altesaam 20 sekondes was ek in die see.



Ons het 16:30 Houtbaai toe gery, en op pad terug verby Twaalf Apostels sien ons 'n troue aan die gang. Die "ouma Winnie" in my wil toe stop en gaan kyk. Arme Corne stop toe maar die kar en ek en hy is toe uit en gaan loer wat aangaan.
Dis die troue se view.
En daar is die troue, die girl in pienk is die bruid. Pienk, ja.


Houtbaai Vrydag 27 Nov 09

Na 'n verskriklike week vir my en Johan het ons Vrydag na werk bietjie strand toe gegaan in Houtbaai. Dit was lekker warm en baie relaxing om op die strand te loop saam al die mense en hulle honde. Hier is dit so 19:00.
Jeanne en haar masiewe brille...
Na Houtbaai is ons Chapmans Peak toe, want die pas is nou weer oop! Dit was so mooi om daar deur te ry. Dit was Johan se eerste keer, ek het jare laas daar deur gery. Dis noggals duur, die tolgeld is R28 one way. Ons het Ou Kaapse weg huis toe gevat.

Jani se matriekafskeid

Wow, kyk hoe mooi lyk my niggie! Hierdie post is seker bietjie laat, sy maak more klaar met eind-eksamen. Ek het 'n groot deel van vandag gesit op facebook, gekyk na al haar fotos van haar matriekafskeid. Daar was lekker baie. Het erg baie verlang en het gewens ek was daar.

Tuesday, November 17, 2009

94.7 Cycle Challenge 15 Nov 09

My ma, Xander, Steffie, Berni en Niel het die 94.7 gery in JHB die naweek en almal het dit klaar gemaak. Hier pose hulle saam met Lizelle (miskien gaan sy en Thys ook die race volgende jaar aanpak!) Nog 'n oulike foto, maar wat my aandag getrek het is die dude in die agtergrond, kyk sy war-scars! Eina! (click op die foto om dit te vergroot)
My ma het so 3 ure 50 minute gery aan die amper 100km. Ugh.

Monday, November 16, 2009

More Mingo Lamberti shirts!!

Just look at these fab shirts! Its the Death range by Mingo Lamberti.









Hermanus 14 & 15 Nov 2009

Kyk net hoe naby is die walvisse hier! Dit was amazing om te sien. Sebs en Carolyn het by ons oorgeslaap Donderdagaand, en is toe Vrydag Hermanus toe. Ek en Johan het Saterdag 14 Nov vir hulle gaan kuier. Die weer was lekker gewees Saterdag, net baie winderig. Ons het so baie walvisse gesien, dit was amazing. Johan het hierdie fotos geneem...