Friday, July 24, 2009

Chappies kom kuier! 16-18 Jul 09


Chappies en Emile het vir ons kom kuier in die Kaap! Dit was wonderlik. Daar was 'n special op Kulula.com wat verblyf by die Victoria Junction hotel vir twee aande, 'n rental kar en return vlieg kaartjies insluit, vir 'n baie goeie prys. Ons het Donderdag aand gaan uiteet by 'n oulike restaurant in Kloof str. Cafe Sofia.
Vrydag het hulle noggals 'n besige dag gehad. Die ding waarmee ek seker die meeste sukkel is dat die son so laat opkom hier, ek kan net nie wakker word nie! Dit was nie 'n probleem gewees vir hulle nie, hulle is vroeg-vroeg op, het Tafelberg toe gegaan, Kaappunt, 'n boot trip waar hulle sundowners gedrink het, als terwyl ek en Johan by die werk was... Shame.
Saterdag het ons darm saam met hulle vroeg opgestaan en die wynplase getackle. Emile en Chappies het dit baie geniet, Emile dalk meer, hy het noggals 'n paar bottels gekoop ook!
Dankie vir die kuier, dit was great!

No comments:

Post a Comment